Most beautiful heart

February 3rd, 2010

kosmosse
One day a young man was standing in the middle
of the town proclaiming that he had the most
beautiful heart in the whole valley. A large
crowd gathered and they all admired his heart
for it was perfect.

There was not a mark or a flaw in it.
Yes, they all agreed it truly was the most
beautiful heart they had ever seen.
The young man was very proud and boasted
more loudly about his beautiful heart.

Suddenly, an old man appeared at the front of
the crowd and said, “Why your heart is not
nearly as beautiful as mine.”

The crowd and the young man looked at the
old man’s heart. It was beating strongly,
but full of scars, it had places where pieces
had been removed and other pieces put in, but
they didn’t fit quite right and there were
several jagged edges. In fact, in some places
there were deep gouges where whole pieces
were missing.

The people stared — how can he say his heart
is more beautiful, they thought?

The young man looked at the old man’s heart
and saw its state and laughed.

“You must be joking,” he said.

“Compare your heart with mine, mine is perfect
and yours is a mess of scars and tears.”

“Yes,” said the old man, “Yours is perfect
looking but I would never trade with you.
You see, every scar represents a person to
whom I have given my love – I tear out a piece
of my heart and give it to them, and often
they give me a piece of their heart which fits
into the empty place in my heart, but because
the pieces aren’t exact, I have some rough edges,
which I cherish, because they remind me of the
love we shared. “Sometimes I have given pieces
of my heart away, and the other person hasn’t
returned a piece of his heart to me. These are the
empty gouges — giving love is taking a chance.

Although these gouges are painful, they stay open,
reminding me of the love I have for these people too,
and I hope someday they may return and fill the space
I have waiting. So now do you see what true beauty is?”

The young man stood silently with tears running
down his cheeks. He walked up to the old man,
reached into his perfect young and beautiful heart,
and ripped a piece out. He offered it to the old
man with trembling hands

The old man took his offering, placed it in his heart
and then took a piece from his old scarred heart and
placed it in the wound in the young man’s heart.
It fit, but not perfectly, as there were some jagged edges.

The young man looked at his heart, not perfect
anymore but more beautiful than ever,
since love from the old man’s heart flowed into his.
They embraced and walked away side by side.

[Author Unknown]

Jammer ek is bietjie laat – Voorspoedige nuwejaar.  :lol:


Nuwe lewe!

August 31st, 2009

Lente

The day the Lord created hope was probably the same day he created Spring. ~Bern Williams

Die lente het uiteindelik gekom en daarmee saam nuwe lewe.  As daar nie winter was nie sou ons die lente nie so baie waardeer het nie.  ;)

Terwyl ek hier sit en tik, hang daar die hemelse reuk van Jasmyn orals om my.  As my jasmyn blom dan is my kop getoor en dis vir “my” die teken dat ek die lente kan omhels.   Lente is vir my Jasmyn!!

Nuwe lewe, nuwe moed, tyd vir nuwe dinge.  Hoop …..

In die lente is dit ook gewoonlik wanneer ek groot spronge neem om veranderinge te maak.  Net omdat alles om my, my herinner, gisters is verby (winter is verby), daar kom môre’s (lente) waar alles nuut is.  Die lug is mooi blou en mens voel sommer vol energie en lewenslus.

Stukkies sonskyn dans-dans op die water.    Whoop!  Happiness~~~

Draai my in jou reuk vas -  my geliefde Jasmyn.

Gooi jou wit drome in my sintuie …

Die laaste Augustus windjie laat die blare en blomme  ritsel en jou reuk fluister oral om my..

Ek ruik ook die sterre…. ek ruik dit in die lug….

aaaaawand

Is dit nie fantasties dat in elkeen van ons se lewens kom daar lente.  ‘n Tyd om te vernuwe.  Al die lelik uit te gooi en die lewe te omhels met geluk en vreugde in die hart.  Lente maak die wêreld ‘n gelukkige plek.  Jy sien ‘n glimlag op byna elke gesig!  ;)

Close your eyes
And do not peek
And I’ll rub “spring”
Across your cheek.

Hoop julle het môre ‘n lekker Lentedag!!  ;)

Lente groete

Wip

Selfone en ek!!

August 28th, 2009

cellphonehate

Telefoon, telefoon, telefoon hy lui!!  Dêmmit!!  :mrgreen:

Ek haat my selfone!!  Punt.

behalwe as my Teddie my bel wanneer ek te lank weg is *wink*

cellp teddy on the line

Selfone … jy kan nie daarmee “cope” nie en ook nie daarsonder.   Maar my grootste frustrasie en redes hoekom ek my selfone haat is mense.   Mense wat nie weet hoe om hulle selfone te gebruik nie.

Hoekom …..

op dees aarde wil jy bestuur en jou selfoon gebruik?

wil jy op jou selfoon gesels, terwyl ek by jou sit, is ek so “boring”?

lui jou telefoon in vergaderings, opvoerings, flieks, kerk en flippen begrafnisse?  (jip …. ja …. regtig, trust my)

Mense is hulle selfone se slawe.  As daai ding lui of “beep” spring hulle op aandag.  Die haatlike ding het hulle volle aandag.  En dit maak nie saak waar dit is of waar hulle is….. dadelik word daar faithfully ‘n sms terug getik.  Subtiel en uit die oog?  … nee …. sommer net daar aan tafel.  Die mes en vurk word neergeplak en die bord eenkant toe geskuif en die vrot vol kieme selfoon se knoppies word gedruk of daar ‘n prys op die spel is.

My eie reëls vir my selfoon.

Die ding is nie my baas nie, as dit ander mense gaan steur wat saam my is, dan skakel ek die ding af, of los hom by die huis.

As ek nie genoeg tyd het of nie lus is nie,  antwoord ek nie sms’e terug nie.  Ek bel, stuur ‘n e pos of skype boodskap.

Ek praat sag in my selfoon.  Dis ‘n selfoon nie ‘n mikrofoon!!!!

As ek ‘n belangrike oproep verwag tydens ‘n afspraak of ete, verwittig ek die mense vooraf en maak sommer byvoorbaat verskoning.    Ek verskoon myself en gaan gesels saggies op ‘n ander plek sodat ek nie die res van die geselskap steur as die oproep deurkom.  Die foon is dan natuurlik ook gestel op “vibrate” sodat die lui mense nie moet steur.

My foon het nie simpel lui tone.  Ek het ‘n Ipod,  musiek sentrum en winamp (rekenaar) om na my gunsteling liedjie te luister.

As mense se selfoon maniere my irriteer,  verwyder ek myself weg van hulle.  Dit gaan nie help om ander etiket te leer nie.  As hulle nie die klein dingetjies weet en besef nie, gaan hulle in elk geval nooit nie.   Ongelukkig is daar mense wat dink die wêreld draai om hulle en die res van die mensdom moet maar by hulle reëls aanpas en inval!!  :evil:   Maar ek kan julle verseker,  hulle kry die Clint Eastwood “kyk” Hierdie wipneus kyk is nie ‘n baie mooi gesig nie.

clint eastwood

Ek hou ‘n 3 meter distansie van ander mense wanneer ek op my selfoon praat.

Ek wed almal van julle ken die een:  Die verdomde foon lui, en hulle verskoon hulself   “Ek weet ek mag dit nie doen nie, maar hierdie is baie belangrik”    Dan gesels hulle oor koeitjies en kalfies.  Nonsens man!!  Ek kan verstaan as daar ‘n belangrike (dringende, alhoewel hulle pleit mos almal dringend)  kliënt oproep,  dood of siekte is.  Maar moenie vir my sê  Susan se nuwe handsak is belangrik nie.

Ek is vanoggend omgekeer oor my selfoon.  Die ding lui en as ek optel, gooi iemand die ding in my oor neer.  Die gaan nou al geruime tyd aan.  Verdomde malle wat nie ‘n lewe het nie!! :evil:   Mense stuur sms’e wat onvriendelik lyk op die oog.  Jip, ok, ek is seker sensitief en dis eindelik die rede  hoekom ek nie sms.  Ek is te lui om lang sms’e te tik en as ek ‘n kort een tik, klink dit kort-af en onvriendelik.  Aan die positiewe kant kry ek soms die oulikste sms’e.  Byvoorbeeld ek wag elke aand vir daai een spesiale sms van my hartsvriendin, net om my ‘n goeie nag toe te wens of sommer een van daardie cute boodskappies.  Ek weet dan sy dink aan my!!  ;)   Ek het gister-aand die oulikste sms gekry van nog ‘n vriend, die een is doodverlief en dit het my laat skater van die lag.  So dankie tog,  soms kan my selfoon ‘n vreugde wees.

Omdat ek negatief is oor selfone, en alewig raas kry oor ek nie my selfoon by my het nie, die ding nie antwoord nie, of sms’e nie terug antwoord nie, het ek ‘n slegte selfoon geskiedenis.  My selfone doen snaakse goed, die laaste selfoon het in die bad met kokende water gespring, vanself, ek was nie betrokke nie.  *wink*  Ek het hom met die haardroeër probeer droog blaas, in die son gesit, maar nee…. hy is FUBAR.  Daarsy nog ‘n selfoon uit my lewe, laat jy asblik toe selfoontjie ……

CellPhone praat_88

  • “Thou shalt not set thy ringer to play La Cucaracha every time thy phone rings.” Some of the default ringtones, especially the polyphonic ones, are actually even worse.
  • “Thou shalt not wear more than two wireless devices on thy belt.” You know if you’re guilty right now.
  • “Thou shalt not speak louder on thy cell phone than thou would on any other phone.” Man, this is an aggravating one. Why do people hold the phone in front of them and yell into it instead of talking normally? To avoid the tumors?
  • “Thou shalt not slam thy cell phone down on a restaurant table just in case it rings.”

Die belangrikste reël van selfone, moenie in ander se “face” wees met jou verdomde blackberry.  Moenie aangaan soos iemand wat niks gewoond is nie.  Laat jou selfoon sy plek ken.  Moenie jou selfoon my baas maak nie.  ;)

Lekker naweek almal

Vergeet jou selfoon in die laai en gaan vir goud!!!

wipneus 9

ps:  Smurfie LOL ek het heerlik gelag vir jou kommentaar.   :lol:    Dankie.