
Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.
My geld is klaar
En die rand is laag
En AIDS is ˜n virus
AIDS is ˜n plaag
En dit maak nie,dit maak nie regtig saak nie
Jy’s lief vir die party
En lief vir die jol
Maar die kerk is leeg
En die tronke vol
En dit maak nie, maak nie regtig saak nie
Dit maak nie regtig saak nie
Die katte miaau
En die honde blaf
En die kinders
Brand hulle skole af
Dit maak nie,maak nie regtig saak nie
Hy’s gatvol vir sy boerebarok
Nou dra hy lipstick
En hy dra ˜n rok
En dit maak nie,maak nie regtig saak nie
Dit maak nie regtig saak nie
Maak nie regtig saak nie
Die shows op TV is uiters swak
Ja, die shows op TV is nogal¦
Kan niemand iets nuuts konsepsualiseer nie
Wil iemand nie net asseblief probeer nie
Die shows op TV is almal dieselfde
Wat het geword van my kinderdae helde
Het ek die mentaliteit van ˜n blomkool?
Net soos my onderwysers van hoërskool?
Dit maak nie regtig saak nie
Twee kitare en ˜n bosveldvuur wat brand
Hou my lief vir hierdie lewe
Hou my lief vir hierdie land
Goeie vriende, vriende aan jou kant
Help jou steier teen die wind
Teen die bloed en teen die sand
En dit maak nie regtig saak nie
Jy is cheap
En petrol duur
Daar’s sestig minute
In elke uur
Dit maak nie regtig saak nie
(Karen Zoid)
Mens moet ander mense kanse gun om hulle eie lewe te lewe.
Want dit maak nie regtig saak in jou lewe nie.
Ons moet ons eie lewe, lewe en dit voluit geniet…
Geniet die lewe, Rock julle bootjies!!!
Groete

At times I may be in situations where my life comes to an halt.
My efforts may not bring success.
I might not be able to move ahead in life.
But even then, I would not want to be a motionless statue.
I would prefer to be a lighthouse which is stationary;
but continues to guide ships which are passing along.
comments closed thank you
[...] As julle hierdie liedjie wil hoor, en weet hoe dit vanoggend in my huis klink, gaan luister hier [...]
Skerp, skerp lyrics. “Die shows op TV is uiters swak”… ek het ‘n ander reëltjie geskryf wat actually daarmee kan RYM, maar ek sallie dit hier plaas nie (ek sien jou blog is nie 18SVNL nie
) … Whoopsietjie??? Het ek jou verjaarsdag iewers misgesit???
BB’s last blog post..Who…
Ek is mal oor die song Beeps!!! My verjaarsdag??? Ja het jy nie Ding se blog gelees nie???? whahahahahahahahahaaaaa ek verjaar 7 dae aanmekaar, Ding het gesê: wante ek mag!!
Eerste keer wat ek hierdie song hoor, en nogal verbaas gewees toe ek sien dit was Karen..
Wag, laat ek my bootjie gaan rock!!
Zee’s last blog post..Happy Mother’s Day
Nice song nê Zee
Dis soos om net hande in die lug te gooi en te sê: Come get me, want dit maak nie regtig saak nie. Free Falling, Vlieg vry!!!
dis n nice liedjie, pas goed by my laaste inskrywing dink ek.
Lekke dag en geniet jou naweek Wippie
N
Dit pas verseker by jou laaste inskrywing Neykie. Baie inspirerend gewees!!
Lekker naweek!! Gaan groot!!
Verjaar jy nou of verjaar jy nou nie?? Julle maggie dit aan my doen nie!!! Ek is nou al vir die best part of today in ‘n totale frenzy omdat ek ‘n verjaarsdag vergeet het!!! Ek was al winkels toe ook!!!! Nogal in ‘n eastern shop!!! Jy verstáán nie wat dit van my gevat het nie!!! Dit was amper erger as die fairy winkel!! daai antie wie se winkel dit is, skeur elke keer haar hol as ek daar verbysluip en dan waaaaai sy vir my, want sy seg nog nooit in haar lewe het sy so ‘n onhandige outta-place fairy shopper beleef soos ekke nie
Die chinese giggel seker ook nou nog…
(ek’s allergies!!
)
So, wat maak ek nóu met die friggin eastern katjie?? want die vet weet, hy kom nie in my huis in nie!!!!
BB’s last blog post..Who…
BB kyk wanneer verjaar ek!! http://onderdiemaanensterre.wordpress.com/verjaarsdae/
Dis Ding wat my nou 7 dae en 7 nagte aanmekaar laat verjaar. Hy het gesê ek mag elke dag verjaar en paaldans!!
Oe!!!! Eastern katjie!! Ek hoop jy het vir jou ‘n geld parra gekry!!!
Jy is hillarious!! Arme feëtjies – hulle gaan aanvoel jy hou nie van hulle nie!! Siestog!!!
Ek gril vir parras Whoops!!! *yuck*
Daai katjie kan bly wees hy isse beeldjie – want hy sal wragtig nie 7 Januarie volgende jaar gehaal het nie!!!
BB’s last blog post..Who…
Ekke hou van parra’s ek hou baie van parra’s want uhmmm BB hulle word prinse as ek hulle soentjies gee, regtig!! Hulle blom onder my lippe!!
Bêre my katjie mooi!!! Dankie Beepsie!!! Ek sal vir jou ook ‘n katjie koop!! Sorry ek het jou mislei, ek belowe plegtig om dit nie weer te doen nie, maar ek wil net sê Ding het gesê ek mag elke dag verjaar. Dis eindelik Ding se skuld!!
Ek soekie ‘n katjie nie Whoops!!! ASSEBLIEF NIE!!! Ek sal jou katjie vir jou volgende birthday vir jou gee – who knows, dalk verjaar jy weer in Junie iewers?? Ek sal maar net ‘n half glas Vodka on the rocks vra in ruil vir daai katjie, want ek kry nie die chinese smakie van daai winkel uit my mond uit nie **BLEEEEGH**
BB’s last blog post..Who…
Nou wat moet ek vir jou koop Beeps?? whahahahaha Ek is mal oor Chinese winkels, veral kruideniers winkels. Daar is een naby Atterbury!! Wow wow!! ek kry al my bestandele daar!! Volgende keer maak ek vir ons ‘n mean Chinese ete!!
Ek kry ‘n spoelmagie van chinese… en dan trek my ogies sulke skreeeefies en raak ek onverklaarbaar lus vir hond
en dan moet Bluetjie onder die bank wegkruip voor hy oppie George Foreman beland
BB’s last blog post..Who…
Ek love hierdie song…ek gaan nou eers weer my Zoid ollection uitruk!
Dit is nog van haar 1e album as ek reg onthou!
Vanaand gaan my buurman nie slaap nie! Whahahahahaha!
Kaalvoetinireen’s last blog post..Buddha verjaar
Whahahaaaaaaaaaaaaaaaaa beeps jy is vandag weer op jou stukke!!! Arme bluetjie
Hello Voetjies Geniet dit, ek werk vandag alleen in die kantoor my manne is nie hier nie! So dit gaan mal hierdie kant!!!
Nee, dit kan ek sien! Die wereld is weer op sy kop, want Teddie is nie daar om ogie te hou nie
Kaalvoetinireen’s last blog post..Buddha verjaar
Hallo Ouma Wip !!!! EK is nou nie ‘n Zoid fan nie, maar dis nogal interesante woorde daai !!!
Lekker Naweek hou !!!!
Die shows op TV2 en TV1 is swak, shame man sy het seker nie DStv nie want die shows daar, behalwe vir KYkNET wat suig – embarass al weer die afrikaans-sprekendes, is wonderlik/ love it.
rosalindfranklin’s last blog post..Regse boodskappie
Mal oor die woorde van die song!! dit maak nie regtig saak nie,
‘maar dit maak nie regtig saak nie’
Ek dink elkeen van ons is te besig om ons eie lewens te lewe as om nog ‘n ander se lewe vir hulle te wil lewe
Ek moet sê ek ken een ou, (lw. manlik, wat meer kan skinder as enige vrou) wat altyd besig is om iemand anders se lewe te wil lewe, sy lewe moet uiters vervelig wees
ma is dronk,
en pa is in die tronk,
die bottels staan rye op die rakke gepak,
en die kinders het almal op die tafel ge…,
“maar dit maak nie regtig saak nie!”
Wip, Hoop nie jy gaan my sensor nie
Nou wil ek eers gaan kyk wanneer was jou verjaarsdag,
want dit maak tog regtig saak!
Nee, ek kry nie jou verjaardag daar op daardie lysie nie, of is ek nou weer heel skeel en blind??? Wanneeer is jou verjaarsdag?
Aangesien die comments daar annerkant closed is…
Wippie, hoop julle het n baie lekker aandjie vanaand, en ‘n baie lekker moedersdag vir jou môre….
Zee’s last blog post..Happy Mother’s Day
Niks maak regtig saak nie….mmmm, niks wat NIE belangrik vir JOU en my is maak regtig saak nie! En dit tel vir elke liewe een van ons… wat ookal iets beteken vir ons..vir my, vir jou…dit maak saak, dis belangrik, en elke liewe mens verskil, imagine as almal dieselfde was en dieselfde gevoel het oor alleS…BORING!!!!
Wat maak op die einde van die dag REGTIG saak?
Flip…ek hoop ek het enige sense gemaak?
Tweelingkind’s last blog post..Om n parra te vang…nie altyd n goeie idee nie!
[...] lees nou die woorde van Karen Zoid se liedjie by Wipneus raak, en ek besef weereens: dit waaroor ons ons perdjies so gereeld opsaal – dit maak nie [...]
Voete as my Terriebeer nie hier is nie, dan maak ek lekker marakkas!!
Hi Zoekoe, ek hoop jy het ‘n baie lekker naweek gehad!! Hierdie song van Karen is regtig een van my gunstelinge. Mens gee dit sommer vir iemand present…..wat jou af pp!
Hi Rosie, dit is nice nê!! Ja regtig hoor ek weet nie meer hoe kan mens tv kyk sonder dstv nie. Dan sal ek nooit tv kyk nie
Smurfie ek verjaar 12 Januarie!! Lankal verby, dis hoekom ek sommer vir myself spesiale ekstra verjaarsdag dae op die almanak gemerk het om weer te verjaar!! Ek soek presente.
Ek sensor nie kommentaar nie, laat waai en gaan vir goud!!! Ek lag lekker vir jou, jy is special!
Dankie Zee, ek het dit baie geniet!! Soos jy orals op my blogs kan sien!! whahahaha Hoop jy het toe lekker moedersdag gehad!!
Wow Cleo, ja dit maak sin, Niks maak saak wat nie regtig vir ons belangrik is nie. Mens moet leer balans hou!!!
Vertel my iets wat ek nie weet ie vriendin!
Kaalvoetinireen’s last blog post..Spinnehol